SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN MARLE, Karin. Vryheid van spraak en die "etiese aktiwiteit van denke". Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.1, pp.32-42. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel argumenteer die skrywer in navolging van Hannah Arendt dat denke sentraal moet wees in besinning oor vryheid van spraak. Denke is vir Arendt onlosmaaklik gekoppel aan 'n aktiewe politieke sfeer en demokratiese politiek. Die afwesigheid van denke daarteenoor staan sentraal tot totalitarisme. Die skrywer fokus op die beperktheid van liberale regsbenaderings om bevredigend vryheid van spraak te hanteer. Eerstens word die bemoeienis van die reg met billikheid, legitimiteit, funksionalisme en ekonomiese wins in plaas van met etiese denke en geregtigheid uitgewys. Daarna word Wesley Newcombe Hohfeld se argument oor die onbepaalbaarheid van regte soos uiteengesit deur Joseph Singer bespreek. Derdens word Jacques Derrida se dekonstruktiewe siening van geregtigheid as aporia voorgehou. Laastens pas die skrywer Derrida se siening van outo-immuniteit/selfvernietiging toe op die reg en spesifiek vryheid van spraak. Die skrywer voer aan dat denke - en nie resepmatige toepassing van geykte reels, dogma of jargon nie - bepalend moet wees in regulering van vryheid van spraak. Sy sluit af met verwysing na Jaco Barnard se toepassing van Arendt se aandrang op die verband tussen denke en demokratiese politiek op die aanvaarding van wetgewing oor eendersgeslagtelike huwelike in Suid-Afrika, wat oortuigend aantoon hoe gedagtelose optrede totalitêre politiek toelaat.

Palavras-chave : Hannah Arendt; banaliteit van boosheid ('banality of evil'); Jaco Barnard; demokratiese politiek; denke; Jacques Derrida; eendersgeslagtelike huwelike; geregtigheid; Wesley Newcombe Hohfeldt; Njabulo Ndebele; onbepaalbaarheid van regte; outo-immuniteit; Joseph Singer; totalitarisme.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons