SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STRAUSS, D F M. Vryheid van spraak in die regstaat - 'n filosofiese perspektief. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.1, pp.20-31. ISSN 2224-7912.

Kragtens die unieke menslike, normatief-gestempelde, (positiewe) keusevryheid en taalvermoë behoort dit tot die taak van die owerheid in 'n regstaat om die nodige regsbeskerming aan die sfeer van die publieke opinie te verskaf - sodanig dat die openbare meningsveld (waarby persvryheid ingesluit is) tot volle wasdom kan kom. Die veelkantigheid van die staat word mede-bepaal deur die openbare mening (publieke opinie), gedagtig aan die feit dat beide die moderne staat en die erkenning van die domein van die publieke opinie van 'n relatiewe resente herkoms is. Slegs wanneer die verskillende eiegeaarde regsfere binne 'n gedifferensieerde samelewing eerbiedig word, sal dit moontlik wees om die dinamiek van regstaat-wees mede te laat bepaal deur persoonlike en kollektiewe (party-politieke) spraakvryheid en meningsvryheid. Politieke partye funksioneer binne die openbare meningsveld met die oog daarop om mede-burgers van die staat te oortuig om 'n bepaalde program van beginsels te ondersteun, maar geen party beklee ooit self die opwerheidsamp nie. As 'n publieke regsverband wat onder leiding van 'n publieke verbandsgeregtigheidsidee geroepe is om ewewig en harmonie in die veelheid van regsbelange op sy staatsgebied te handhaaf, is die regstaat medeverantwoordelik om die sfeer van die publieke opinie juridies te beskerm. Daarsonder sal die voortbestaan van die regstaat self in die gedrang kom - soos onder meer blyk uit die probleemkante van die voorgestelde wet rakende die beskerming van inligting.

Palabras clave : Vryheid van spraak; openbare mening; regstaat; harmoniëring van regsbelange; regsfere.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons