SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DE BEER, C S. Vrye spraak, verantwoordelike spraak. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.1, pp.05-19. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word betoog dat vryheid van spraak, soos vryheid van denke en menslike vryheid in die algemeen, onlosmaaklik met mekaar verband hou en nooit oor absolute geldigheid beskik nie. Alle vryheid bly beperkte vryheid en moet met verantwoordelikheid verbind word ten einde te verhinder dat die vryheid misbruik word en baie skade aan individue en samelewings aangerig word. In 'n kultuur van regte en eise mag die belangrikheid van verantwoordelikhede en pligte nooit uit die oog verloor word nie. Om egter die moontlikhede van vrye spraak te verstaan, asook die spanning daarvan met verantwoordelike spraak, moet verstaan word wie die mens is: toegerus met baie moontlikhede, maar met eweveel radikale gebreke. Hierdie moontlikhede en gebreke word oorgedra op alles waarmee mense te doen het - ook taal. Om vrye spraak nog beter te verstaan, moet dit ook vertolk word in die lig van die aard van taal. Taal kan skep, maar ook vernietig; taal kan as gereedskap gebruik word wat, ondanks suksesse, meesal groot beperkinge oplewer (die abstrakte dimensie van taal). Taal is egter veel meer as 'n blote gebruiksvoorwerp. Ons kan praat van die restant van taal waardeur die gebruiksmoontlikhede ver oorskry word. Taal word nie alleen deur mense gepraat nie; taal praat ook deur mense (die materiële aspek van taal). Vandaar die besondere skeppende vermoë daarvan. Vrye spraak word van verskillende kante bedreig en moet dus beskerm word, maar dit kan self ook 'n bedreiging wees. Daarom word verantwoordelikheid vereis om met wysheid te kan praat. Verskillende riglyne kan hiermee help: waarheidsoeke, menseverhoudinge, noölogiese gedrewenheid en inspirasies, gemeenskapsvestiging, sinsoeke. Hiermee kom etiek na vore en veral "die oneindig veeleisende etiek van toewyding". Hierdie etiek vra toewyding omdat mense altyd in hul spreke kan faal; dit is 'n veeleisende etiek omdat mense maklik sê wat hulle nie wil sê nie en ewe maklik nalaat om te sê wat hulle weet hulle moet sê en selfs graag wil sê.

Palabras clave : Vrye spraak; verantwoordelike spraak; menslike feilbaarheid; abstrakte en materiële dimensies van taal; die geweld van taal; gedagtelose geletterdheid; gedagtevolle geletterdheid; etiek van toewyding; waarheid; betekenis.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons