SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

WESSELS, Yolandie; PIENAAR, Anita E.  y  PEENS, Anquanette. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.4, pp.493-504. ISSN 2224-7912.

Suid-Afrika het 'n diverse bevolkingsamestelling wat verteenwoordiging van verskillende rasgroepe insluit. Hierdie diversiteit word gekompliseer deur wisselende ekonomiese omstandighede wat stimulasie vanjong kinders voordat hulle skool toe gaan kan beïnvloed. Koördinasieagterstande op 'n jong ouderdom word in verband gebring met leer- en aandagtekortprobleme wat met die ontwikkeling van jong kinders kan inmeng. Die doel van die studie was om te bepaal of geslags- en rasverskille ten op sigte van leerverwante vaardighede en ADHD by 6-7-jarige skoolbeginners voorkom wat met ontwikkelingskoordinasieversteurings (DCD) geïdentifiseer is. Nege-en-negentig leerders (N=99) is ewekansig vir die studie geselekteer wat die verskillende rasgroepe proporsioneel verteenwoordig het [Wit (n = 37), Swart (n = 50) en Kleurling (n = 12)]. Die Movement Assessment Battery for Children (MABC), Aptitude Test for School Beginners Test Battery (ASB), Taylor Hyperactivity Checklist en Modified Conner's Abbreviated Teacher vraelyste is gebruik om die groep te evalueer. Die resultate het 'n nie-betekenisvolle geslagsinteraksie tussen DCD (MABC totaal < 15e persentiel) en leerverwante vaardighede aangedui (p>0.05), alhoewel een subitem, naamlik koördinasie en die ADHD totaal wel geslagsverskille uitgewys het. 'n Variansie analise (ANOVA) opgevolg met 'n Tuckey post hoc toets het aangedui dat numeriese en verbale begripvaardighede deur ras beïnvloed word. Identifisering van motoriese ontwikkelingsagterstande en aanbieding van motoriese ontwikkelingsprogramme kan as voorkomende strategies by voorskoolse kinders aangewend word om diè probleme te voorkom.

Palabras clave : Leerprobleme; DCD; geslag; ADHD; koördinasie; motoriese ontwikkeling; kinders; skoolgereedheid; ras; etnisiteit; aandag; hiperaktiwiteit.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons