SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

ROOS, Vera  y  VAN RENSBURG, Esmé. 'n Oorsigartikel oor tipes gesinsrituele en die simboliese betekenis daarvan vir jong volwassenes. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.4, pp.477-492. ISSN 2224-7912.

Die ingrypende impak wat veranderings soos HIV/Vigs en egskeidings op gesinstrukture het, asook die voorkoms van geweld, noodsaak dat daar herbesin word oor die belangrikheid van gesinsrituele. Gesinsrituele speel 'n rol in die vestiging van toeganklike gesinsverhoudings. Dit fasiliteer die ontwikkeling van gesinslede se identiteit en hul geborgenheid. Rituele kom herhaaldelik voor, word hoog aangeskryf en het simboliese betekenis. Jong volwassenes tussen 19 en 22 jaar is gevra om aan die navorsing deel te neem en aan te dui watter tipe rituele in hulle gesinne van oorsprong voorkom asook wat die simboliese betekenis daarvan vir hulle is. Geskrewe data is ingesamel en 'n kwalitatiewe metode van data-ontleding is gebruik om die data te analiseer. Die bevindinge het aangedui dat godsdienstige aktiwiteite, gesinsetes, jaarlikse herdenkings, televisie en gesinsuitstappies as tipiese rituele geïdentifiseer is. Gesinsrituele verbind verskillende generasies met mekaar, bou verhoudings, beklemtoon die unieke aard van gesinne en dien as ondersteuning vir mekaar. Voorts skep dit 'n voorspelbare omgewing wat aan gesinslede 'n gevoel van behoort gee en waarin gesinslede selfvertroue ontwikkel. Waar gesinsrituele ontbreek het, is beskrywings gekenmerk deur vyandige en meganistiese interpersoonlike kontak en min emosionele inhoude is opgemerk. Hierdie afwesigheid van emosionele inhoude was veral opvallend in gesinstrukture wat gekenmerk is deur verandering, soos egskeiding. Die bevindinge van hierdie navorsing het verreikende implikasies vir die voorkoms van nuwe gesinstrukture, soos kinderhoofhuishoudings en enkelouergesinne.

Palabras clave : Gesinsrituele; opbouende gesinsverhoudings; verhoudingswelsyn; persoonlike betekenisgewing.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons