SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

ROOS, Vera  and  VAN RENSBURG, Esmé. 'n Oorsigartikel oor tipes gesinsrituele en die simboliese betekenis daarvan vir jong volwassenes. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.4, pp.477-492. ISSN 2224-7912.

Die ingrypende impak wat veranderings soos HIV/Vigs en egskeidings op gesinstrukture het, asook die voorkoms van geweld, noodsaak dat daar herbesin word oor die belangrikheid van gesinsrituele. Gesinsrituele speel 'n rol in die vestiging van toeganklike gesinsverhoudings. Dit fasiliteer die ontwikkeling van gesinslede se identiteit en hul geborgenheid. Rituele kom herhaaldelik voor, word hoog aangeskryf en het simboliese betekenis. Jong volwassenes tussen 19 en 22 jaar is gevra om aan die navorsing deel te neem en aan te dui watter tipe rituele in hulle gesinne van oorsprong voorkom asook wat die simboliese betekenis daarvan vir hulle is. Geskrewe data is ingesamel en 'n kwalitatiewe metode van data-ontleding is gebruik om die data te analiseer. Die bevindinge het aangedui dat godsdienstige aktiwiteite, gesinsetes, jaarlikse herdenkings, televisie en gesinsuitstappies as tipiese rituele geïdentifiseer is. Gesinsrituele verbind verskillende generasies met mekaar, bou verhoudings, beklemtoon die unieke aard van gesinne en dien as ondersteuning vir mekaar. Voorts skep dit 'n voorspelbare omgewing wat aan gesinslede 'n gevoel van behoort gee en waarin gesinslede selfvertroue ontwikkel. Waar gesinsrituele ontbreek het, is beskrywings gekenmerk deur vyandige en meganistiese interpersoonlike kontak en min emosionele inhoude is opgemerk. Hierdie afwesigheid van emosionele inhoude was veral opvallend in gesinstrukture wat gekenmerk is deur verandering, soos egskeiding. Die bevindinge van hierdie navorsing het verreikende implikasies vir die voorkoms van nuwe gesinstrukture, soos kinderhoofhuishoudings en enkelouergesinne.

Keywords : Gesinsrituele; opbouende gesinsverhoudings; verhoudingswelsyn; persoonlike betekenisgewing.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License