SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN ZYL, Ebben. Die verband tussen stres en selfleierskapfaktore by 'n groep eerstelyntoesighouers in 'n staatsdiens-organisasie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.4, pp.454-466. ISSN 2224-7912.

Nieteenstaande die feit dat eerstelyntoesighouers aan 'n breë spektrum van stressors blootgestel word, is min navorsing beskikbaar om die verband tussen stres en selfleierskapfaktore by die groep uit te wys. Navorsing dui aan dat selfleierskapvaardighede 'n belangrike hulpmiddel kan wees om stresvlakke te verminder. Daarom is besluit om die verband tussen stres en selfleierskapfaktore by 'n groep Suid Afrikaanse eerstelyntoesighouers werksaam in 'n staatsorganisasie, te bepaal. Resultate van 'n sodanige navorsing kan sielkundiges/werkgewers help om 'n spesifieke benadering in kommunikering en hantering van probleme met die spesifieke groep, te handhaaf. Ten einde die verband tussen stres en selfleierskapfaktore te bepaal, is die 16- PF Persoonlikheidsvraelys en die Hersiende Selfleierskap Vraelys, op 'n geleentheidsteekproef van 69 eerstelyntoesighouers, afgeneem. Resultate het aangedui dat die volgende selfleierskapfaktore met stres verband hou: selfvergoeding, fokus gedagtes op natuurlike vergoeding /positiewe aspekte van werk, visualisering van suksesvolle prestasie, selfobservasie en selfdoelwitstelling. Verder het selfleierskap as 'n geheel beduidend met vindingrykheid en beslistheid gekorreleer. In die lig van die bogenoemde, is enkele aanbevelings gemaak.

Keywords : Stres; selfleierskap; eerstelyntoesighouer; staatsorganisasie; selfvergoeding; selfobservasie; selfdoelwitstelling; visualiseer suksesvolle prestasie; fokus denke op natuurlike vergoeding; vindingrykheid.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License