SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STEYN, Jean. Donkerder skakerings van blou. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.4, pp.412-438. ISSN 2224-7912.

Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, vereis 'n fundamentele herassessering en transformasie van die wese en styl van polisiëring in Suid-Afrika. Dit moet vloei vanuit 'n stelsel waar die menseregte van die meerderheid Suid-Afrikaners tydens die apartheidsjare misken is, tot 'n stelsel wat die vertroue en respek van almal inboesem. Hierdie verandering vereis dat die fundamentele aannames van individuele polisiebeamptes ten opsigte van die organisasie en die omgewing waarin polisiëring funksioneer, sal transformeer. Op hierdie stadium, meer as elfjaar nadat die Suid-Afrikaanse demokrasie tot stand gebring is, is die sentrale vraag in polisiëring of die houdings van nuwelinge in die stelsel wel gemeenskapspolisiëring as die aanvaarde styl van polisiëring ondersteun. Hierdie artikel is 'n poging om die bogenoemde vraag aan te spreek deur vergelykings te tref tussen die houdings van 'n veteenwoordigende steekproef van dieselfde SAPD-nuwelinge in drie fases: toe hulle aangemeld het vir basiese opleiding (Januarie 2005), toe hulle die opleiding voltooi het (Junie 2005), en toe hulle as gegradueerde nuwelinge die polisiediens betree het om die inwoners van Suid-Afrika te dien (Desember 2005). Die studie het bevind dat die meerderheid respondente wat by die SAPD kolleges aangemeld het vir opleiding, reeds matige houdings ter ondersteuning van die polisiekultuur temas solidariteit, isolasie en sinisme gehad het. Die studie het verder ook bevind dat die SAPD basiese opleiding (kollege en veldopleiding) nuwelinge se houdings aangaande die polisiekultuur temas solidariteit, isolasie en sinisme versterk het.

Palabras clave : Polisiekultuur; tema; solidariteit; isolasie; sinisme; Suid-Afrikaanse Polisiediens; nuwelinge; basiese opleiding.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons