SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número4Darker shades of blue índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912

Resumen

WAGENER, Pieter. Globalisering en 'n verdeelde gemeenskap in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.4, pp. 401-411. ISSN 2224-7912.

Die verskil in invloed van globalisering op wit en swart gemeenskappe in Suid-Afrika word betrag vanuit 'n sosio-ekonomiese gesigspunt. Hierdie invloede kan in perspektief gesien word deur te kyk na die hoofperiodes van maatskaplike veranderings in die Westerse wêreld gedurende die afgelope 800 jaar. Die blanke in Suid-Afrika, in besonder die Afrikaner, is erfgename van hierdie veranderings en kon in Afrika tred hou met die globale veranderings van die onlangse verlede. Die swart bevolking, daarenteen, is nou skielik in die globale era gewerp. Met die gevolglike akkulturasie ontwikkel nou voorheen onbekende "Westerse kwale" soos hartvatsiekte, diabetes en vetsug. Globalisering, met die aggressiewe bemarkingstegnieke van multinasionale maatskappye, tesame met groepsdruk, veroorsaak boonop 'n ongebreidelde skuldlas. Hierdie skuldlas plaas groter druk op werkgewers vir verhoogde salarisse, wat op sy beurt kan lei tot die onttrekking van buitelandse beleggings en toenemende werkloosheid. Hierdie spiraal kan verder lei tot politieke onrus. Vanweë sy agtergrond, kan die blanke 'n noodsaaklike rol speel in die globale ekonomiese wedloop. Om dit te verstewig, sal die beperkings van swart bemagtiging heroorweeg moet word.

Palabras clave : Globalisering; arbeidsregte; ontwikkeling; skuldlas; Afrika.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )