SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

WOLHUTER, C.C.  y  VAN STADEN, J.G. Bestaan daar 'n dissiplinekrisis binne Suid-Afrikaanse skole? Belewenis van opvoeders. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.3, pp.389-398. ISSN 2224-7912.

Navorsing oor die probleem van leerderdissipline aan Suid-Afrikaanse skole is al vanuit 'n verskeidenheid perspektiewe onderneem, maar 'n sterk opvoederperspektief ontbreek steeds. Die feit dat opvoeders dissiplineprobleme eerstehands ervaar en dit moet hanteer maak 'n opvoedersperspektief noodsaaklik. Die doel van dié navorsing is daarom die daarstelling van sodanige opvoedersperspektief op leerderdissipline in 'n spesifieke teikenarea. 'n Literatuurstudie en 'n empiriese ondersoek is onderneem ten einde te bepaal hoe opvoeders in Gauteng, die Vrystaat en Noordwesprovinsie leerderdissipline by hul skole beleef. Respondente het gerapporteer dat minder ernstige dissiplineprobleme by hul skole en binne hul klasse 'n weeklikse verskynsel is, en het aangedui dat ernstige vorme van wangedrag, soos vandalisme, diefstal en geweld, maandeliks voorkom. Die metodes wat opvoeders gebruik en die effek van leerderdissipline op opvoeders word geanaliseer in die artikel en ten slotte word aanbevelings vir praktykverbetering gemaak.

Palabras clave : dissipline; dissiplinehandhawing; klaskamer dissipline; leerders; lyfstraf; onderwys; opvoeders; opvoeding; Opvoedkunde; positiewe dissipline; skooldissipline.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons