SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

WOLHUTER, C.C.  and  VAN STADEN, J.G. Bestaan daar 'n dissiplinekrisis binne Suid-Afrikaanse skole? Belewenis van opvoeders. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.3, pp.389-398. ISSN 2224-7912.

Navorsing oor die probleem van leerderdissipline aan Suid-Afrikaanse skole is al vanuit 'n verskeidenheid perspektiewe onderneem, maar 'n sterk opvoederperspektief ontbreek steeds. Die feit dat opvoeders dissiplineprobleme eerstehands ervaar en dit moet hanteer maak 'n opvoedersperspektief noodsaaklik. Die doel van dié navorsing is daarom die daarstelling van sodanige opvoedersperspektief op leerderdissipline in 'n spesifieke teikenarea. 'n Literatuurstudie en 'n empiriese ondersoek is onderneem ten einde te bepaal hoe opvoeders in Gauteng, die Vrystaat en Noordwesprovinsie leerderdissipline by hul skole beleef. Respondente het gerapporteer dat minder ernstige dissiplineprobleme by hul skole en binne hul klasse 'n weeklikse verskynsel is, en het aangedui dat ernstige vorme van wangedrag, soos vandalisme, diefstal en geweld, maandeliks voorkom. Die metodes wat opvoeders gebruik en die effek van leerderdissipline op opvoeders word geanaliseer in die artikel en ten slotte word aanbevelings vir praktykverbetering gemaak.

Keywords : dissipline; dissiplinehandhawing; klaskamer dissipline; leerders; lyfstraf; onderwys; opvoeders; opvoeding; Opvoedkunde; positiewe dissipline; skooldissipline.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License