SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DE KLERK, Pieter. F.A. van Jaarsveld se Die ontwakingvan die Afrikaanse nasionale bewussyn na vyftig jaar. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.3, pp.338-356. ISSN 2224-7912.

F.A. van Jaarsveld word as een van Suid-Afrika se vernaamste twintigste-eeuse historici beskou en sy studie van 1957, Die ontwaking van die Afrikaanse nasionale bewussyn, 1868-1881, as een van sy belangrikste werke. Hierdie boek, wat ook in Engels vertaal is, is lank in Suid-Afrika en in die buiteland aanvaar as die belangrikste studie oor die oorsprong van Afrikanernasionalisme. Sedertdien het daar 'n aantal wetenskaplike werke verskyn waarin beskouinge gehuldig word wat in verskeie opsigte van dié van Van Jaarsveld verskil. Hierdie werke word kortliks bespreek en daar word aangedui dat hul interpretasies in baie gevalle beïnvloed is deur algemene teorieë oor die aard van nasionalisme. Daar word in die artikel tot die slotsom gekom dat Van Jaarsveld se werk nie as verouderd afgemaak kan word nie. Inteendeel, dit bly een van enkele goed nagevorste studies oor vroeë Afrikanernasionalisme en is steeds van groot waarde, ook binne die konteks van huidige invloedryke teorieë oor nasionalisme.

Palabras clave : Afrikanernasionalisme; Afrikaners; nasionalisme; nasionale bewussyn; teorieë oor nasionalisme; ideologieë; etnisiteit; imperialisme; historiografie; F.A. van Jaarsveld; H. Giliomee.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons