SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN NIEKERK, Anton A.. Is die sorg om lewenskwaliteit die moeite werd?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.3, pp.326-337. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word die sorg om lewenskwaliteit aan 'n kritiese analise onderwerp. Aandag word geskenk aan hoe hierdie sorg opduik in bio-etiese diskussies soos die Terry Schiavo-geval. Aandag word geskenk aan die wyse waarop die begrip "quality adapted life years" (QALY's) inhoud gee aan die begrip lewenskwaliteit, en aan hoe dit gebruik word om besluite oor toegang tot, byvoorbeeld, intensiewe eenhede te fasiliteer. David Benatar se argument dat om te lewe, is om skade op te doen, en dat dit daarom beter is vir alle lewe om te verdwyn, word aan 'n kritiese analise onderwerp. Uiteindelik kom die skrywer tot die gevolgtrekking dat, vanweë die vervlietende en onstabiele betekenisse wat mense geneig is om aan die begrip "lewenskwaliteit" te heg, dit futiel is om deurslaggewende inhoud aan dié begrip te probeer gee. Dit is van veel meer waarde om ons sorge te maak oor die begrip "lewensin" as "lewenskwaliteit". Dit word aangetoon dat die lewens van mense waaroor daar weinig twyfel is dat hule lewens veel sin gehad het, in die meeste gevalle min lewenskwaliteit gehad het. 'n Argument word gekonstrueer wat aantoon dat 'n sinvolle lewe 'n lewe is wat juis min gesteur is oor kwaliteit en wat in hoofsaak bestaan uit die beskikbaarstelling van sigself aan die belange van ander.

Keywords : Lewenskwaliteit; lewensin; kwaliteitsaangepaste lewensjare (QALY's); David Benatar; Pollyanna beginsel; Karl Popper; utilitarisme; Terry Schiavo; Richard Dawkins; asimmetrie van pyn en plesier.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License