SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue3The debate about the position of Afrikaans at the University of Stellenbosch: An analysisIs the concern with quality of life worthwhile? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912

Abstract

JENKINSON, A G; DE BEER, M  and  ALBERTS, Gino. Die rol van taal by sakeondernemings in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na die Vrystaat en die Noord-Kaap. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.3, pp. 314-325. ISSN 2224-7912.

Die oogmerk met hierdie artikel is om die resultate van 'n ondersoek na die taalbehoeftes en voorkeure van kliënte/verbruikers in die besigheidsomgewing van die Vrystaat en die Noord-Kaap sistematies en empiries weer te gee binne die konteks van 'n veranderende veeltalige en multikulturele Suid-Afrikaanse samelewing. Die Suid-Afrikaanse samelewingsisteem beleef die afgelope twee dekades intense sosiale veranderings, wat taalnormverskuiwings meebring (Roux 2001:1). Dit kom vir die doeleindes van hierdie studie daarop neer dat veranderinge in die besigheidsisteme en kliënte se taalbehoeftes en -voorkeure in die Vrystaat en die Noord-Kaap moontlik mag plaasvind as gevolg van die dinamiese omgewing waarin hulle hulself bevind en die feit dat daar tans elf amptelike tale is. Anders as wat Burger in 2001 bevind het, huldig die Afrikaanssprekers in die Vrystaat en die Noord-Kaap gedurende 2005-2006 nie dieselfde intense sentiment jeens Afrikaans nie. Hierdie ondersoek wys ook uit dat Engelssprekers minder geneë is om in 'n ander taal bedien te word as Afrikaanssprekers. Die koopkrag in die Vrystaat en die Noord-Kaap is tans grootliks in die hande van jong Afrikaanssprekers wat al meer geneig is om in Engels bedien, ingelig en vermaak te wil word alhoewel Afrikaans nog steeds 'n beduidende rol as voorkeurtaal in die besigheidswêreld speel. Afrikaanssprekers verteenwoordig egter nog steeds die grootste huistaalgroep (42,5%), alhoewel hulle nie die grootste etniese groep is nie, met die Sothosprekers in die tweede plek (26,9%). Afrikaanssprekers geniet in 'n geringe mate die grootste verteenwoordiging in die hoogste inkomstekategorie, en inkomste is redelik eweredig versprei in al die taal- en inkomstegroeperings. Bogenoemde inligting het tot bevindings gelei maar het ook vrae laat ontstaan wat antwoorde soek binne 'n nasionale opset.

Keywords : Multilingualisme; sakeondernemings; taalbehoeftes; kliënte; empiriese ondersoek; Vrystaat; Noord-Kaap.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License