SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

SCHOLTZ, Leopold  and  SCHOLTZ, Ingrid. Die debat oor die posisie van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch: 'n Ontleding. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.3, pp.292-313. ISSN 2224-7912.

Die debat oor die plek van Afrikaans en Engels as onderrigmedium aan die Universiteit Stellenbosch het sedert sy begin in 2002 nie baie duidelikheid verskaf nie. In dié artikel word 'n poging aangewend om die debat te analiseer en vas te stel waar en waarom die opponente verskil. Om dinge kort te hou is drie verteenwoordigers van albei kante - die sogenaamde A-opsioniste en die T-opsioniste -vergelyk. Die eerste groep meen dat dubbelmedium noodwendig lei tot die verdwyning van die swakker taal, in dié geval Afrikaans; dat die Universiteit in werklikheid nie eens die minimum voorwaardes vir die T-opsie nakom nie; dat die dubbelmediumprojek ideologies gedrewe is; en dat dit die belange van die arm gekleurde Afrikaanssprekende studente verwaarloos. Die T-opsioniste is van mening dat 'n universiteit se taak nie is om 'n taal te beskerm nie, maar om akademiese uitnemendheid te bevorder; dat eentalige Afrikaanse onderrig die Universiteit op die glybaan na parogialisme en isolasie plaas; dat 'n multikulturele benadering beter is as kulturele apartheid; en dat die beweging na Engels noodsaaklik is vir transformasie. Die argumente word dan geweeg, en die slotsom is dat waar die A-opsioniste hul argumente hoofsaaklik op akademiese en pedagogiese gronde baseer, die T-opsioniste se benadering veral ideologies is. Daar word ook bevind dat die T-opsie op Stellenbosch sodanig toegepas word dat die eindproduk waarskynlik eerder 'n eentalige Engelse Stellenbosch is.

Keywords : Taalbeleid; Afrikaans; Universiteit van Stellenbosch.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License