SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DE BEER, C S. Die invensie van 'n toekoms 2: Taal, betekenisvolle inligting en toekomsinvensie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.3, pp.255-266. ISSN 2224-7912.

In die vorige artikel is beklemtoon tot watter mate taal in sy volheid die moontlikhede vir 'n toekoms oopmaak. Op hierdie stadium is dit belangrik om te waarsku dat die stroping van taal die mens van 'n toekoms beroof. Om taal in die volle rykheid daarvan te benut is dit belangrik om inventiewe denke daarvoor in te span. Taalbenutting kan baie bydra tot wysheidsdenke, akritiese denke en mediterende denke om die inventiewe moontlikhede wat dit bied oop te maak. Hierdie denke bring ons uit by die konfigurering van betekenisvolle inligting, by die besinning oor 'n toereikende mensbeeld in terme waarvan aan toekomsinvensie gewerk kan word. Die mens as beliggaamde wese wat vibreer van lewe en gees kan nie alleen as individu 'n toekoms inventeer nie. Behalwe vir die noodsaaklike omhelsing van lewe in'n tyd waarin dit soms lyk asof die doodsdrif ons lot bepaal, vra dit ook om kollektiewe aktiwiteite waar kollektiewe intelligensies gepoel word om intelligente gemeenskappe te stig waarbinne liefde, respek, en sorg eerder as blote konsumpsie, verbruik en misbruik die toon aangee. Sulke gemeenskappe kan saamwerk om dit wat oor ons kom op so 'n wyse te hanteer dat dit wat na ons toe kom gesien kan word as hoopvolle moontlikheid vir toekomsinvensies.

Keywords : Taal; toekoms; betekenisvolle inligting; lewe; liefde; kollektiewe intelligensie; intelligente gemeenskappe; inventiewe denke.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License