SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número2South Africa after thirteen years (1994-2007)- with special reference to analogies with LithuaniaSome philological remarks on the provenance, nature and genre of Marcus Aurelius Antoninus' Meditations índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912

Resumen

ROSSOUW, Jannie  y  FOURIE, Johan. Is groeiende welvaart teenoor armoede 'n nul-som spel?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.2, pp. 195-203. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel toets die hipotese: Is groeiende welvaart teenoor armoede 'n nul-som spel? Die hipotese staan teen die agtergrond van die stelling: Die rykes word ryker en die armes word armer. Hierdie stelling laat die indruk dat groter of groeiende welvaart vir een individu of groep net moontlik is ten koste van ander individue of groepe. In die praktyk is die noodwendige gevolg van ekonomiese groei en toenemende welvaart nie 'n toename in armoede nie. Regerings wat verantwoordelik optree, dra by tot 'n vermindering van armoede, selfs al neem die welvaart van rykes toe. Onderdrukkende regerings maak egter van groeiende welvaart 'n nul-som spel. Die slotsom nadat die hipotese getoets is, laat twee met mekaar botsende antwoorde. Onder sekere omstandighede word die hipotese bevestig, maar onder ander omstandighede word dit verwerp. Die uitdaging wat die wêreld in die gesig staar, is om te verseker dat groeiende welvaart tot almal se voordeel is. Dit sal enige indruk van 'n nul-som spel beëindig. Die keuse lê by ons, en te midde van toenemende polarisasie in die wêreld is ons waarskynlik die laaste geslag wat nog die voorreg van 'n keuse het om 'n verskil te kan maak.

Palabras clave : armoede; beginsels van 'n regstaat; demokrasie; eiendomsreg; ortodokse en strukturele benaderings tot ontwikkeling; welvaart; werk [vryetydbalans].

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )