SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

ANTONITES, Alex. Suid-Afrika na dertien jaar (1994 -2007) - met spesiale verwysing na analogieë met Litoue. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.2, pp.159-194. ISSN 2224-7912.

Die Ryk van Litoue sowel as kontemporêre Litoue toon talle analogieë met Suid-Afrika en die Litouers met Afrikaanses. Beide het die afgelope tyd transformasie ondergaan en beide word gekenmerk deur 'n verskeidenheid van kulture. Die Litouse ryk se beleid van verdraagsaamheid ten opsigte van diverse kulture was suksesvol. Die Litouse situasie beklemtoon die belangrikheid van taal en kulturele selfbewussyn. Dit het duidelike parallelle in Suid-Afrika. Sowel Litous as Afrikaans was by tye op die agtergrond, maar albei kulture bly behoue. Die betekenis van 'n nie-outentieke bestaan van Litoue in die Sowjet-era word behandel. Die geldigheid van sowel nasionale as internasionale waardes is by sowel Litouers as Afrikaanses van belang.

Keywords : Litous; nasionale waardes; internasionale waardes; outentieke bestaan; kulturele diversiteit; russifikasie; Vilnius.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License