SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DE BEER, C S. Die invensie van 'n toekoms I: Oor toekoms, inventiewe denke en taal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.2, pp.147-158. ISSN 2224-7912.

Die toekoms is onontwykbaar. Mense bly altyd daarmee gekonfronteer. Die uitdagings wat dit stel is ewe onontwykbaar: Wat moet ons daarmee doen? Hoe kan ons ons daarop voorberei? Wat kan gedoen word om dit te verseker? Duidelik stel dit hoë eise aan menslike denke, want geen empiriese hantering van die toekoms is moontlik nie. Deur die eeue het die gedagte van hoop op een of ander wyse gehelp om toekomsverwagtinge te artikuleer, hoop van filosowe, van teoloë, van psigoloë en selfs van rewolusionêres. Die hoop het mense laat voortgaan. Utopiese verwagtinge is gekoester en verkondig. Al hierdie intellektuele oefeninge is menslike denkhandelinge. lets baie besonders word deur die toekoms van die denke gevra en dit vra weer vir 'n spesiale soort denke: allesomvattende denke, verbeeldingryke denke, of eintlik inventiewe denke, geïnspireer deur die noëtiese vermoëns van mense. Hierdie denke, ten einde te floreer en na behore te ontplooi, het taal nodig. Sonder taal sou die denke verstar en die toekoms versper gevind word. Taal help om die toekoms oop te maak, maar dan nie taal as gereedskap nie, maar wel taal as die spreker en denker in en deur mense.

Palavras-chave : Toekoms; hoop; utopie; taal; noëtiese vermoë; refleksie; denke; invensie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons