SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1The use of the Afrikaans conjunction "wanneer" (when) in subordinate clause embeddingTransformation of the Just State: Between the Scylla of bygone injustices and the Charybdis of an undemocratic, totalitarian content attached to the slogan "representative of the demography" índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VENTER, Albert. Die politieke oortuigings van Hans van Rensburg (1898-1966): Kontinuïteit en verandering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.1, pp.41-57. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word die kontinuïteit en verandering in die politieke oortuigings van dr JFJ ("Hans") van Rensburg (1898-1966) ondersoek en gerekonstrueer. Die artikel bied 'n oorsig oor Van Rensburg se politieke oortuigings sedert die 1914-rebellie, sy loopbaan in die staatsdiens, sy leierskap van die Ossewabrandwag tot en met sy deelname aan die apartheidsbestel in die middel-sestigerjare van die vorige eeu. Die uiteensetting steun op sy geskrifte en openbare uitsprake, sowel as argivale navorsing wat na sy eie werk verwys. Aan die einde word 'n besluit oor Van Rensburg se politieke oortuigings gemaak, veral met verwysing na die vraag oor sy toewyding aan Nasionaal-sosialisme. Die ondersoek voer aan dat Van Rensburg se politieke oortuigings hoofsaaklik Afrikaner-nasionalisties was, ten spyte van 'n flankering met (Duitse) Nasionaal-sosialisme in die jare 1938-1948, waarvan hy later weer, ca. 1953-1966 van standpunt verander het. Die artikel bevraagteken die gemaklike stereotipering deur verskeie skrywers en van sy tydgenootlike politieke opponente dat Van Rensburg kortweg "'n Nazi en Hitler-bewonderaar was". Daar word ook aangetoon hoedat veranderende sosiale en institusioneel-strukturele omstandighede 'n stempel op Van Rensburg se politieke oortuigings afgedruk het.

Palavras-chave : Hans van Rensburg; Ossewabrandwag; Nasionaal Sosialisme; fascisme; politieke oortuigings; konserwatief; outoritêr; Nazi; Afrikaner nasionalisme; Hertzog tweestroombeleid; sosiale en institusionele omstandighede; anti-kommunisme; Tweede Wêreldoorlog; Smuts-regering.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )