SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VENTER, Albert. Die politieke oortuigings van Hans van Rensburg (1898-1966): Kontinuïteit en verandering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.1, pp.41-57. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word die kontinuïteit en verandering in die politieke oortuigings van dr JFJ ("Hans") van Rensburg (1898-1966) ondersoek en gerekonstrueer. Die artikel bied 'n oorsig oor Van Rensburg se politieke oortuigings sedert die 1914-rebellie, sy loopbaan in die staatsdiens, sy leierskap van die Ossewabrandwag tot en met sy deelname aan die apartheidsbestel in die middel-sestigerjare van die vorige eeu. Die uiteensetting steun op sy geskrifte en openbare uitsprake, sowel as argivale navorsing wat na sy eie werk verwys. Aan die einde word 'n besluit oor Van Rensburg se politieke oortuigings gemaak, veral met verwysing na die vraag oor sy toewyding aan Nasionaal-sosialisme. Die ondersoek voer aan dat Van Rensburg se politieke oortuigings hoofsaaklik Afrikaner-nasionalisties was, ten spyte van 'n flankering met (Duitse) Nasionaal-sosialisme in die jare 1938-1948, waarvan hy later weer, ca. 1953-1966 van standpunt verander het. Die artikel bevraagteken die gemaklike stereotipering deur verskeie skrywers en van sy tydgenootlike politieke opponente dat Van Rensburg kortweg "'n Nazi en Hitler-bewonderaar was". Daar word ook aangetoon hoedat veranderende sosiale en institusioneel-strukturele omstandighede 'n stempel op Van Rensburg se politieke oortuigings afgedruk het.

Palabras clave : Hans van Rensburg; Ossewabrandwag; Nasionaal Sosialisme; fascisme; politieke oortuigings; konserwatief; outoritêr; Nazi; Afrikaner nasionalisme; Hertzog tweestroombeleid; sosiale en institusionele omstandighede; anti-kommunisme; Tweede Wêreldoorlog; Smuts-regering.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons