Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
VENTER, Albert. Die politieke oortuigings van Hans van Rensburg (1898-1966): Kontinuïteit en verandering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.1, pp.41-57. ISSN 2224-7912.
In hierdie artikel word die kontinuïteit en verandering in die politieke oortuigings van dr JFJ ("Hans") van Rensburg (1898-1966) ondersoek en gerekonstrueer. Die artikel bied 'n oorsig oor Van Rensburg se politieke oortuigings sedert die 1914-rebellie, sy loopbaan in die staatsdiens, sy leierskap van die Ossewabrandwag tot en met sy deelname aan die apartheidsbestel in die middel-sestigerjare van die vorige eeu. Die uiteensetting steun op sy geskrifte en openbare uitsprake, sowel as argivale navorsing wat na sy eie werk verwys. Aan die einde word 'n besluit oor Van Rensburg se politieke oortuigings gemaak, veral met verwysing na die vraag oor sy toewyding aan Nasionaal-sosialisme. Die ondersoek voer aan dat Van Rensburg se politieke oortuigings hoofsaaklik Afrikaner-nasionalisties was, ten spyte van 'n flankering met (Duitse) Nasionaal-sosialisme in die jare 1938-1948, waarvan hy later weer, ca. 1953-1966 van standpunt verander het. Die artikel bevraagteken die gemaklike stereotipering deur verskeie skrywers en van sy tydgenootlike politieke opponente dat Van Rensburg kortweg "'n Nazi en Hitler-bewonderaar was". Daar word ook aangetoon hoedat veranderende sosiale en institusioneel-strukturele omstandighede 'n stempel op Van Rensburg se politieke oortuigings afgedruk het.
Keywords : Hans van Rensburg; Ossewabrandwag; Nasionaal Sosialisme; fascisme; politieke oortuigings; konserwatief; outoritêr; Nazi; Afrikaner nasionalisme; Hertzog tweestroombeleid; sosiale en institusionele omstandighede; anti-kommunisme; Tweede Wêreldoorlog; Smuts-regering.