SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

MESSERSCHMIDT, Johanna J.E.. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.1, pp.23-39. ISSN 2224-7912.

By die ontleding van gebruiksdata, blyk dat wanneer in Afrikaans as bywoord en voegwoord in 'n verskeidenheid konstruksies gebruik word. Die doel van hierdie artikel is om die gebruik van die voegwoord wanneer in bysinsinlywing te beskryf. Bysinsinlywing word as 'n soort onderskikking beskou wat van hipotaktiese verbinding verskil met betrekking tot die kohesie tussen die bysin en die hoofwerkwoord. Twee soorte bysinsinlywing staan sentraal in die beskrywing, naamlik inlywing van 'n wanneer-sin AS: sinsdeel en inlywing van 'n wanneer-sin BY: 'n sinsdeel. As sinsdeel vervul die wanneer-sin die funksie van onderwerp, voorwerp, kopulatiewe predikaat of komplement van 'n onoorganklike werkwoord. As nabepaling word 'n wanneer-sin by naamwoordstukke, voorsetselgroepe en infinitiewe ingelyf. Verwantskappe met betreklike voornaamwoorde asook met die bywoord waar, blyk baie duidelik uit die data. Verdere verwantskappe met die komplementeerders dat en of by inlywing as sinsdeel kom na vore. Verwantskappe met ander temporele en kousale voegwoorde word hoofsaaklik in hipotaktiese verbindings geopenbaar. Op semantiese vlak bly die basiese betekenis van "op die tyd dat" grootliks behoue. Die ingelyfde wanneer-sin dui tyd of omstandighede in terme van 'n gebeurtenis aan. In 'n opvolgartikel kom die gebruik van die voegwoord wanneer in hipotaktiese verbindings aan bod.

Keywords : Voegwoord; wanneer; bysinsinlywing; hipotaktiese verbinding; komplement; adjunk; betreklike bysin; kognitiewe grammatika; korpus-gebaseerd; taalgebruiksdata.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License