SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

GROVE, Izak. Lewe-ín-werk: Outobiografiek in Arnold van Wyk se musiek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.1, pp.1-12. ISSN 2224-7912.

Die artikel handel oor die populêre vraag rakende die konsep van betekenis in die kunsmusiek, meer spesifiek die musiek van die Suid-Afrikaanse komponis Arnold van Wyk (1916-1983). Tydens 'n onderhoud met die komponis in 1982 het hy aanduidings gegee ten opsigte van die skeppingsproses van sy klavierwerk, Nagmusiek (wat geskryf is in 1945-1958). Onlangse insae in sketse en briewe wat betrekking het op hierdie en ander werke het nie alleen die komponis se mededelings bevestig nie, maar ook dit onthul wat gesien kan word as aanduidings van die outobiografiese aard van die musiek. Daar kan geargumenteer word dat die komponis bepaalde aspekte van sy innerlike self en sy lewenstyl teruggehou het, om slegs deur middel van sy musiek tot uitdrukking te bring.

Keywords : Biografie; outobiografie; digkuns; estetika; Weltschmerz; romantiek; klaviermusiek; lied; Liszt; Ravel; Petrarca; Rilke; epiloog; homoseksualiteit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License