SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue1Revisiting gender and housing: housing as seen through the eyes of women in social rental housing in Gauteng, South Africa"I drank because I wanted to deal with the frustration": explaining alcohol consumption during pregnancy in a low-resource setting - women's, partners and family members' narratives author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Social Work

On-line version ISSN 2312-7198
Print version ISSN 0037-8054

Abstract

BAM, Chevonne  and  MALAN, Hanelie. Die verband tussen psigososiale welstand en supervisie van kinder- en jeugsorgwerkers in kinder- en jeugsorgsentrums. Social work (Stellenbosch. Online) [online]. 2022, vol.58, n.1, pp.71-84. ISSN 2312-7198.  http://dx.doi.org/10.15270/58-1--988.

Kinders wat in residensiële sorg geplaas word, is ernstig getraumatiseerd. Die implikasie hiervan is dat dit 'n direkte invloed op die psigososiale welstand van die kinder- en jeugsorgwerkers het wat daagliks met die kwesbare kinders werk - dit beïnvloed hoe hulle hul daaglikse take verrig en kan selfs tot emosionele uitbranding lei. Die doel van die studie was om kwantitatief die verband tussen supervisie en die psigososiale welstand van kinder- en jeugsorgwerkers te ondersoek. Sewe-en-sewentig kinder-en-jeugsorg werkers (KSW) is met doelgerigte steekproefneming by die studie betrek. Drie vraelyste is gebruik om data in te samel. Die IBM SPSS-weergawe 25 sagteware is gebruik om die data te ananliseer. In sommige gevalle was daar 'n klein effek grootte, tog blyk dit dat etnisiteit, geslag, huwelikstatus en inkomste 'n invloed op die psigososiale welstand van KJW het. Die studie toon ook 'n verband tussen die KJW wat supervisie ontvang en diegene wat nie supervisie ontvang het nie.

Keywords : emosionele uitbranding; kinder- en jeugsorgwerkers; kwesbare kinders psigososiale welstand; residensiële sorg; supervisie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License