SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.68 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

KOTZE, Esté  and  SMIT, Lizelle. 'Bearded men singing psalms': The Work of DRC Ministers as Support Services during the South African War (1899-1902). Historia [online]. 2023, vol.68, n.2, pp.61-95. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2023/v68n2a3.

Die karige ondersoek na die rol wat die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) se veldpredikers tydens die Anglo-Boereoorlog as 'n tipe (informele) hulpdiensnetwerk gespeel het is verbasend wanneer die belangrikheid van die NGK van Suid-Afrika met betrekking tot bykans alle fasette van die Boere se lewe in ag geneem word. Alhoewel sommige sosiale- en kerkhistorici reeds die belangrikheid van geloof vir beide Boerekrygers en burgers ondersoek het, word die rol wat die Boere se geestelike leiers gespeel het, sowel as ondersoeke na die fisiese werk wat die geestelike leiers verrig het, grotendeels geïgnoreer. Hierdie artikel stel ondersoek in na die NGK kapelane se veelvuldige dienste tydens die Anglo-Boereoorlog wat as 'n tipe informele hulpdiensnetwerk beskou kan word. Ons argumenteer dat die konteks waarin hul gearbei het, sowel as hul nabyheid aan Britse gesag, 'n noemenswaardige invloed uitgeoefen het op beide die geestelike en materiële dienste wat hulle aan hul gemeentelede kon verskaf. Om verteenwoordigend te wees van die drie hoof arenas van die oorlog, gebruik ons gevallestudies van drie NGK kapelane, naamlik: J.D. Kestell wat die kommando's in die veld vergesel het, ds. A.F. Louw in die St. Helena krygsgevangekamp en ds. A.D. Lückhoff in die Bethulie konsentrasiekamp.

Keywords : Nederduitse Gereformeerde Kerk; veldpredikantsdiens; J.D. Kestell; A.F. Louw; A.D. Lückhoff; hulpdiensnetwerk; Suid-Afrikaanse Oorlog; Anglo-Boereoorlog; veldpredikers; dominees.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License