SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.68 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

MOUTON, Dawid J.. The Face of Battle: The 'Fighting First's' Baptism of Fire at the Battle of Elandslaagte, 21 October 1899. Historia [online]. 2023, vol.68, n.2, pp.24-60. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2023/v68n2a2.

Die doelwit van hierdie artikel is om die ervaring van die 1ste Manchester Regiment tydens die Slag van Elandslaagte op 21 Oktober 1899, 'n veldslag tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog van 1899 tot 1902, te ondersoek. Dit was die 1ste Manchesters se eerste geveg na amper 20 jaar en teen moderne wapens. Studies oor Britse soldate se ervarings tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog is beperk. Die soldate se perspektief kan egter ondersoek word deur die studie van briewe wat geskryf is deur beide offisiere en gewone soldate. Heelwat briewe was in Britse koerante gepubliseer, terwyl een ongepubliseerde brief in die Manchester Regiment Argief bewaar word. Hierdie bronne bou op bestaande beskrywings van die Slag van Elandslaagte vanuit die perspektief van die soldate. Hierdie artikel se standpunt is dat dit moontlik is om die Britse ervaring van gevegte, die sogenaamde face of battle', te rekonstrueer danksy die briewe wat in die Britse media gepubliseer is. Hierdie briewe het egter hul perke, soos party soldate se pogings om hulself volgens die populare 'Tommy Atkins' stereotipe voor te stel. Die verkenning van hierdie slag vanuit die Manchesters' se perspektief onthul dat, ten spyte van die feit dat die slag 'n amper perfekte voorbeeld van die drie-fase stellingskryg was, die ervaring vir die soldate 'n mengelmoes van emosies was, soos verwarring, frustrasie, verlies, pyn, ongemak, en selfs vreugde.

Palavras-chave : Slag van Elandslaagte; die aangesig van die stryd; gevegservaring; Nuwe Militêre Geskiedenis; Suid-Afrikaanse Oorlog/Anglo-Boereoorlog; militêre korrespondensie in die pers; Britse soldate; 1ste Manchester Regiment.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons