SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.68 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

MCDONALD, Jared. Stolen Childhoods: Cape San Child Captives and the Raising of Colonial Subjects in the Nineteenth-Century Cape Colony. Historia [online]. 2023, vol.68, n.2, pp.3-23. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2023/v68n2a1.

Die geskiedenis van inheemse kindergevangenes in setlaarskolonies bly steeds 'n verwaarloosde kategorie binne wyer ondersoeke na die volksmoord op inheemse gemeenskappe tydens die koloniale era. Tog het die oordrag van kinders 'n sleutelrol gespeel in die aftakeling van inheemse gemeenskappe binne vele setlaarskolonies. Die gedwonge verskuiwing van kinders het die fisieke uitwissing van ouer-gemeenskappe vergesel en het dikwels 'n belangrike deel uitgemaak van die erodering en vernietiging van jagter-versamelaar samelewings en hul identiteit. Hierdie artikel is daarop gemik om 'n ontleding te verskaf van die integrale rol van kinderontvoering en -oordrag in die volksmoord van die Kaapse San in die vroeë 19de eeu, met 'n bepaalde fokus op burgerlike inisiatief. In die Kaapkolonie het burgerlikes die gebruik om San kinders gevange te neem en na die indringer-setlaarsgemeenskap oor te dra, geïnisieer. San kinders is beskou as plooibaar en makliker om as gedwonge arbeiders te assimileer. Inboekeling-wetgewing is in die Kaapkolonie ingestel om inheemse kinder-oordrag te reguleer en die ergste vergrype te beperk, alhoewel hierdie ideale selde verwesenlik is. Inboekeling-wetgewing het probeer byhou met 'n bestaande praktyk wat deur burgerlikes van stapel gestuur is, met die gevolg dat die koloniale owerhede inderwaarheid die praktyk bevorder het deur dit te legitimeer. Die ontleding doen ook ondersoek na die narratiewe regverdiging vir die ontvoering en oordrag van San kinders deur setlaars van Europese afkoms, en kontrasteer dit met eietydse evangelies-humanitêre diskoerse. Setlaars en sendelinge het verskillende benaderings gehad tot die opneem van San kinders in die setlaarsgemeenskap, maar beide het saamgestem dat dit die gewenste uitkoms is. In hul diskoers het setlaars sowel as sendelinge daarin geslaag om hul optrede uit te beeld as in die beste belang van die San kinders.

Palabras clave : San; Kaapkolonie; negentiende eeu; kindergevanges; kinders; kinderjare; volksmoord; gedwonge arbeid; setlaar-kolonialisme.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons