SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.68 issue1Struggles for African independent education and land rights on the Rand and the significance of the Tsewu court case, 1903-1905: A new analysisCannabis policing in mid-twentieth century South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

GWANDE, Victor Muchineripi. 'For our self-sufficiency and autonomy': International Worker Solidarity and the Global Networks of FOSATU in the Democratic Struggle in South Africa. Historia [online]. 2023, vol.68, n.1, pp.86-112. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2023/v68n1a4.

Hierdie artikel stel ondersoek in na die plek van die vakbondbeweging in Suid-Afrika se demokratiseringsprojek. Alhoewel daar navorsing is wat wys op die rol van vakbondbeweging in die beëindiging van apartheid, val die klem oor die algemeen op dit wat politiese- en sosiale vakbondaktivisme genoem word. In teenstelling daarmee het een vakbond, die Federation of South African Trade Unions (FOSATU), wat 'n werker-gesentreerde benadering tot sy praktyk gevolg het, die drade van demokrasie tydens die apartheidsjare geskep en uitgebou, weg van die invloedsfeer van politieke partye en die nasionalistiese beweging. FOSATU het ook 'n globale netwerk en teenwoordigheid geskep in sy soektog na internasionale werkersolidariteit. Daardie solidariteit was van kritiese belang vir FOSATU se self-onderhoudendheid en onafhanklikheid, sowel as vir die breër anti-apartheidsbeweging. Die artikel voer aan dat FOSATU die platform vir die demokratiese stryd in Suid-Afrika verbreed het, en dit daardeur wyer laat strek het as die grense van die nasie-staat. Dit lewer 'n bydrae tot die historiografie van die vakbondbeweging, die stryd om demokrasie in Suid-Afrika en die transnasionale wending in die Suid-Afrikaanse vakbondbeweging. Die studie maak gebruik van die notules en verslae van FOSATU se nasionale uitvoerende komitee, sy sentrale komitee se vergaderings, sowel as nuusberigte uit FOSATU se Worker News, wat by die Universiteit van die Witwatersrand se William Cullen biblioteek se historiese manuskripte-afdeling gehuisves word.

Keywords : FOSATU; internasionale solidariteit; vakbonde; demokratiese stryd; Suid-Afrika.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License