SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.68 issue1Food, nutrition and the Afrikaans housewife in Die Huisvrou, 1922-1945 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

DU PISANI, Kobus. John Vorster and the Extension of University Education Act, 1959. Historia [online]. 2023, vol.68, n.1, pp.26-53. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2023/v68n1a2.

In Februarie 1959, vier maande ná sy aanstelling as adjunk-minister, het Balthazar Johannes (John) Vorster die omstrede Wetsontwerp op die Uitbreiding van Universiteitsopleiding in die Volksraad ingedien. Universiteitsapartheid was toe reeds vir meer as 'n dekade onder oorweging in die Nasionale Partyregering. Die 1959-wetsontwerp het voorsiening gemaak vir die uitsluiting van 'nie-blanke' studente van die bestaande universiteite en hul toelating tot afsonderlike universiteitskolleges vir die onderskeie amptelik aangewese etniese groepe. Liberale het die wetsontwerp as 'n bedreiging vir akademiese vryheid en univeristeitsoutonomie verwerp. Die Opposisie het die wetsontwerp in al die parlementêre stadia beveg. Hierdie artikel ontleed Vorster se vertoning in hierdie debatte. Dit was 'n uiterste toets van sy vermoëns, maar hy het sy talent as spreker en debatteerder ten toon gestel, sy argumente met oortuiging geformuleer en vas gestaan teen die Opposisie. Parlementêre koerantverslaggewers was beïndruk met sy vertoning. Vorster se leierskapsposisie in die Nasionale Party is versterk. Die debatte was 'n vroeë trappie in sy loopbaan op pad na die topposisies van Minister van Justisie, Eerste Minister en Staatspresident.

Keywords : B.J. Vorster; Nasionale Party; Verenigde Party; Wet op die Uitbreiding van Universiteitsonderwys; Volksraad; universiteitsapartheid; akademiese vryheid; universiteitsoutonomie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License