SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.67 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

GANYAUPFU, Tatenda Rixon  and  MAKOMBE, Eric Kushinga. 'No Person Shall Sell Goods at an Unjust Profit': A Review of Consumer Price Controls in Southern Rhodesia, 1939-1949. Historia [online]. 2022, vol.67, n.2, pp.59-89. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2022/v67n2a3.

Hierdie artikel stel ondersoek in na die verbruikersprysbeheermaatreëls wat tydens die Tweede Wereldoorlog in Suid-Rhodesië ingestel is, en in die na-oorlogse tydperk tot 1949 voortgeduur het. Die 'oorlogspoging' het snelle optrede van die kolonie vereis om tekorte, bottelnekke en algemene oorlogsverwante ontwrigting die hoof te bied. Suid-Rhodesië se antwoord op stygende verbruikerspryse en lewenskostes was om prysbeheeramptenare-, -instellings en -beleid daar te stel. Die artikel evalueer die onmiddelike uitkoms van verbruikersprysbeheer, sowel as die sosio-ekonomiese uitwerking daarvan. Die artikel voer verder aan dat terwyl daar aanvanklik daarin geslaag is om pryse te stabiliseer en prysverhogings hok te slaan, prysbeheer ook omseiling en gewetenlose praktyke aangemoedig het - danksy besighede se strewe na wins. Boonop het prysbeheer mededingendheid op die nywerheidsfront belemmer, aangesien besighede weinig belang daarby gehad het om hul vervaardigingsmetodes te verbeter. Wat betref die uitbreiding van verbruikersprysbeheer na Afrikane in dié koloniale samelewing, voer die artikel aan dat verbruikersprysbeheermaatreëls maatskaplike agteruitgang meegebring het deurdat dit die opkoms van swart besighede in die platteland vertraag het, en swart lone in die stede onderdruk het. Dus, terwyl verbruikersprysbeheer opsetlik daarop gemik was om wit verbruikers te beskerm, het die maatreëls terselfdertyd swart verbruikers aan bande gelê, ten einde die setlaar-koloniale model in stand te hou.

Keywords : Verbruikersprysbeheer; verbruikers; oortreding; Suid-Rhodesië; tekorte; oorlogspoging; Afrikane.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License