SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.67 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

MONAMA, Fankie L.. Marshalling a Splintered Society: Censorship, Publicity and Propaganda in South Africa During the Second World War. Historia [online]. 2022, vol.67, n.2, pp.27-58. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2022/v67n2a2.

Hierdie artikel stel ondersoek in na belangrike aspekte van staatspropaganda in Suid-Afrika tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die land se deelname aan dié oorlog is met stryd en omstredenheid belaai. Generaal J.C. Smuts se regering kon nie op 'n breë steunbasis reken nie, en het te kampe gehad met 'n opposisie wat deur Nazisme beïnvloed is. Suid-Afrika se sluimerende sosio-politiese spanning is na bowe gebring, wat anti-oorlogsgeweld tot gevolg gehad het. Daarop het die Smuts-regering 'n multi-media publisiteits- en propagandaveldtog van stapel gestuur wat daarop gemik was om steun vir sy oorlogsbeleid te mobiliseer. Hierdie artikel fokus op ondermynende Nazi-aktiwiteite binne Suid-Afrika voor- en tydens die oorlog, en die uitwerking daarvan op die land se interne politieke verdeeldheid. Dit is van belang, omdat dít die konteks vir die Suid-Afrikaanse regering se propagande-strategie gevorm het. Die artikel ontleed ook die wyse waarop die Smuts-regering propagande ontplooi het, deur voorskrifte en sensorskap wat radio, film en die pers betref; sowel as die stigting van 'n Buro van Inligting. Dit voer aan dat staatspropagande, op die lange duur, 'n beperkte uitwerking gehad het, en dat dit eintlik 'n vermorsing was, omdat voortslepende vraagstukke, veral wat betref rassevooroordele, sosio-ekonomiese gebrek en uiteenlopende politieke lojaliteit, die strewe na nasionale eenheid en samehang ondermyn het.

Keywords : Tweede Wêreldoorlog; Smuts; Nazisme; sensorskap; propaganda; radio; die pers; film; Buro van Inligting.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License