SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.67 issue1Food, nutrition and the Afrikaans housewife in Die Huisvrou, 1922-1945Programmes of frivolity on ice? Hockey, business, diasporic identity and apartheid in South Africa, 1936-1992 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

MOUTON, F.A.. 'Liberal crusader': Zach de Beer, apartheid and liberalism 1950-1990. Historia [online]. 2022, vol.67, n.1, pp.89-113. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2022/v67n1a4.

Zach de Beer se politieke loopbaan het in 1950 begin toe hy as 'n studenteleier en as 'n lid van die Civil Rights League 'n protesvergadering teen die verbanning van die Kommunistiese Party in die stadsaal van Kaapstad toegespreek het. Veertig jaar later in Februarie 1990 was hy in die parlement toe president F.W. de Klerk die Kommunistiese Party, die African National Congres en die Pan Africanist Congress wettig verklaar het. Gedurende die donkerste dae van die apartheidstaat het hy saam met ander liberale die ideal van 'n liberale-demokratiese bestel lewendig gehou. In 1959 het hy gehelp om die liberale Progressiewe Party te stig, en in 1960 het hy die onwettig verklaring van die African National Congress en die Pan Africanist Congress teengestaan. Dit was 'n dapper daad wat hom sy parlementêre setel in die algemene verkiesing van 1961 gekos het, en jare in die politieke wildernis tot gevolg gehad het. Buite die parlement het hy as 'n leidende figuur in die sakewêreld deurentyd op grondwetlike en politieke hervorminge aangedring. In 1988 het hy die leier van die Progressiewe Federale Party geword, en die volgende jaar 'n leidende rol gespeel in die stigting van die Demokraties Party. Hierdie artikel toon dat die Demokratiese Party se goeie vertoning in die algemene verkiesing van 1989 'n belangrike faktor was om De Klerk te oortuig om met die aftakeling van apartheidstaat in 1990 te begin. In waardering van sy bydrae in die stryd teen apartheid het president Nelson Mandela hom in 1994 as Suid-Afrika se ambassadeur in Nederland aangestel.

Keywords : Zach de Beer; liberalisme; parlement; oppergesag van die reg; grondwetlike hervorming; African National Congress; Progressiewe Party; Progressiewe Federale Party; Demokratiese Party.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License