SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.67 issue1Struggles for African independent education and land rights on the Rand and the significance of the Tsewu court case, 1903-1905: A new analysisCannabis policing in mid-twentieth century South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

CLEOPHAS, Francois Johannes. Reclaiming school athletics in Cape Town's underclass, 1933-1955. Historia [online]. 2022, vol.67, n.1, pp.62-88. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2022/v67n1a3.

Hierdie artikel wil 'n beduidende bydrae tot die verruiming van die plaaslike skole-atletiekgeskiedenis in Kaapstad lewer. Deur op sekere historiese dokumente te fokus, ondersoek die artikel die stand en omvang van swart skole-atletiek in Kaapstad voor 1956, 'n grootliks onontginde navorsingsveld in die Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis. Vele prominente administrateurs, uitmuntende atlete en deelnemende skole wie se geskiedenisse uit die openbare bewussyn verdwyn het of daaruit gewis is, word in die proses geïdentifiseer. Die artikel toon aan hoe georganiseerde skole-atletiek in Kaapstad se onderdrukte gemeenskappe deur 'n groot aantal onderwysers, politici en sportadministrateurs uit verskillende politieke en sosiale agtergronde gevorm is. Dit verstrek verder besonderhede oor die Trafalgar High School se Wiener's Day-kompetisies. Vervolgens word 'n geskiedenis van die Sentrale Skolesportunie en die vertakkings daarvan uiteengesit. Laastens word die beginjare van die Westelike Provinsie Skolesportraad oorsigtelik bespreek. Die artikel sluit af deur uit te wys waarom dit belangrik is dat hierdie spesifieke geskiedenis herwin word.

Keywords : Atletiek; Kaapstad; plaaslike skoolgeskiedenisse; Western Province School Sports Board.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License