SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.66 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

MOLOSIWA, Phuthego Phuthego  y  BOLAANE, Maitseo M.M.. "A peaceful country": Refugees, masculinities and anti-radical national identity in early postcolonial Botswana. Historia [online]. 2021, vol.66, n.2, pp.48-73. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2021/v66n2a3.

Hier vertel ons die verhaal van post-koloniale Botswana se vroeë jare, en bepaal die uitdagings wat betref sy burgerskapmodel te midde van die vyandige politieke klimaat wat die 1960's tot 1980's gekenmerk het. Alhoewel Botswana in dié tyd een van die mees "vreedsame" lande in die streek was, het hy te kampe gehad met 'n vloedgolf militante immigrante, waarvan die meerderheid mans was. Botswana het daarom gekies om sy burgerskapmodel te vernou. Vele vlugtelinge en uitgewekenes is burgerskap geweier omdat hulle "radikale manlikheid" as 'n bedreiging vir die heersende vrede in die land beskou is. Hierdie artikel stel belangrike vrae oor Botswana se histories-gewortelde patriargale geslags regime, en die invloed daarvan op die land se hervorming van sy burgerskapmodel, aan die hand van die instroming van uitgewekenes en vlugtelinge van vryheidsoorloë. Ons beroep ons op gevestigde navorsing oor Botswana se rol in die vryheidstryd. Verder verskaf die bestaande vlugtelinge-argief, briewe aan die redakteur van die Kutlwano tydskrif, Seretse Khama se toesprake en die Botswana Burgerskap Wet van 1982/1984, primêre verslae oor die regering en die publiek se pogings om 'n vreedsame, anti-radikale nasionale identiteit tydens dié ontstuimige tydperk te ontwikkel.

Palabras clave : Botswana; burgerskap; manlikheid; vlugtelinge; vryheidstryd.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons