SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.66 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

SZABO-ZSOLDOS, Gábor. Hungarians in the Anglo-Boer War. Historia [online]. 2021, vol.66, n.2, pp.2-22. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2021/v66n2a1.

Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het verskeie Hongaarse konneksies gehad op ekonomiese, politieke en kulturele gebied. Brittanje en die Boererepublieke het gepoog om landbouprodukte (veral perde en meel) in Hongarye, vir gebruik in die oorlog, aan te koop. Hongaarse joernale en koerante het 'n groot aantal artikels en rubrieke oor die oorlog gepubliseer, en vername Hongaarse digters en skrywers, sowel as politici en ander openbare figure, het oor die oorlog besin en hul pro-Boer, pro-Britse, of neutrale menings daaroor uitgedruk. Hongare wat in die Boerekommandos gedien het, óf diegene wat onder die Union Jack in Suid-Afrika geveg het, verteenwoordig die nouste band tussen die Karpatiese Kom en die Anglo-Boereoorlog. Sewentien Hongare wat aktief aan die oorlog deelgeneem het is geïdentifiseer; die meerderheid (twaalf) aan die Boere-kant, terwyl net vyf die Britse oorlogspoging gesteun het. Hierdie artikel fokus op drie van die Hongaarse deelnemers: Tibor Péchy, Albert Wass en Albert Theophilus Duka. Péchy en Wass was pro-Boer vrywilligers, met Duka wat in die Britse weermag gedien het. Hul Suid-Afrikaanse bedrywighede word beskiyf, waarna 'n vergelyking getref word tussen die faktore wat hulle beweeg het om aan die Anglo-Boereoorlog deel te neem.

Keywords : Anglo-Boereoorlog/Suid-Afrikaanse Oorlog; Graaf Albert Wass; Dr. Albert Theophilus Duka; Félix Luzsénszky; Hongare; Hongaarse Revolusie en Vryheidsoorlog; 1848-1849; Lajos Kossuth; Tibor Péchy; Pres. Paul Kruger.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License