SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

BENNEYWORTH, Garth Conan. Land, labour, war and displacement: A history of four black concentration camps in the South African War (1899 1902). Historia [online]. 2019, vol.64, n.2, pp.1-20. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2019/v64n2a1.

Van die aanvang van die Suid-Afrikaanse Oorlog het beide die Britse en Boeremagte gedurende hul militare operasies doelbewus en direk die burgerlike bevolking geteiken, en dus op hierdie wyse twintigste-eeuse "totale oorlog" vooruitgeloop. Boere-inteneringskampe, later bekend as konsentrasiekampe, is al goed gevestig in die historiografie. Minder bekend is die naturelle vlugtelingskampe wat as gedwonge oorlogsarbeidskampe gefungeer het, en wat vandag bekend staan as swart konsentrasiekampe. Alhoewel burgerinternering nie bedoel of ontwerp was vir volksmoord nie, het die hoë lewensverlies en bitterheid onder die Boere se afstammelinge die politieke narratief van Suid-Afrika in die twintigste eeu beïnvloed. Die swart gedwonge-arbeidskampe was in teenstelling tot die Boerekampe baie meer dodelik, en op 'n totaal ander model gegrond. Nogtans het die herinnering aan hierdie ondervinding slegs in die afgelope twee dekades die historiese diskoers binnegedring. Hierdie artikel ondersoek daardie kampe waar swart burgerlikes by Oranjerivierstasie, Taung, Vryburg en Brusselsylyn geïnterneer is. Die ligging van hierdie kampe, wat ongeveer 300 km van die suidelike tot die mees noordelike punte geleë is, is eers tussen 2001 en 2008 by die skrywer geïdentifiseer.

Palavras-chave : Suid-Afrikaanse Oorlog; swart konsentrasiekampe; gedwonge-arbeidskampe; Oranjerivierstasie-konsentrasiekamp; Taung-konsentrasiekamp; Vryburg-konsentrasiekamp; Brusselssylyn-konsentrasiekamp; Dry Harts.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons