SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número1The fork in the road? British reactions to the election of an apartheid government in South Africa, May 1948South Africa's revised history curriculum on globalism and national narratives in grade 12 textbooks índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

NYANDORO, Mark. Land and agrarian policy in colonial Zimbabwe: Re-ordering of African society and development in Sanyati, 1950-1966. Historia [online]. 2019, vol.64, n.1, pp.111-139. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2019/v64n1a6.

In 1950 het die Rhodesiese Staat Afrikane wat op kroongrond in die Rhodesdale Estate gewoon het, gedwing om te trek na gemene grond in Sanyati, tóé bekend as "naturelle reservate". Dit het in terme van die Native Land Husbandry Act" plaasgevind. Uitsetting en hervestiging het deel gevorm van die herorganisering van Afrikane se landbounedersetting ten einde plek te maakvir blanke setlaarboere in die Rhodesdale Estate ná die emigrasie van blankes na Rhodesië in die naloop van die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie herorganisasie het berus op moderniseringsteorie. Dié artikel daag die blank-gedomineerde staat se opvatting van modernisering uit deur te argumenteer dat, in plaas van die lewe van plattelandse Afrikane op te hef, dit nie altruïsties was nie, maar eerder daarop gemik was om Rhodesië te verander in 'n "witmansland" wat onverdraagsaam was vir die ekonomiese kompetisie van Afrikane. Dit is bereik deur die gebruik van die rassig-georiënteerde wetgewing. Diskrimenerende wetgewing het gelei tot wegloop sosio-ekonomiese differensiëring en die belemmering van die ontstaan van 'n ondernemersklas in Sanyati. Deur 'n ondersoek na die uitsetting en hervestiging van mense tussen 1950 en 1966, argumenteer hierdie artikel dat tesame met die oorhoofse tema van aparte ontwikkeling wat die Rhodesiese setlaarstaat aangeneem het, daar ook 'n ewe belangrike tema was in die ekonomiese stryd van Afrikane teen hul marginalisasie en verarmering. Dié artikel verskaf historiese data oor lewensonderhoud, migrasie en die impak van wetgewing; en demonstreer dat koloniale wetgeweing in suidelike Rhodesië die blank-gedomineerde ekonomie gestimuleer het deur staatsondersteuning. Verder word daar geargumenteer dat die wisselwerking tussen staatsgepromoveerde landbou-ontwikkeling, grondtoekenning en die wetlike vereistes wat die aparte ontwikkeling van Afrikane en blankes gerig het, nie slegs die algemene groei van Sanyati illustreer nie, maar ook die historiese evolusie van die hoofsaaklik-katoengebaseerde ekonomie wat beduidende vorme van plattelandse differensiëring in hierdie streek gestimuleer het.

Palabras clave : Rhodesdale; kroongrond; Sanyati; wetgewing; gedwonge verskuiwings; migrasie; grondverskuiwings; landbou-ontwikkeling; sosio-ekonomiese differensiëring.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons