SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue1Trickster tropes: female storytelling and the re-imagination of social orders in four nineteenth-century southern African communitiesComparing developments in water supply, sanitation and environmental health in four South African cities, 1840-1920 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

HOYER, Cacee. Contested allegiances: Indian South Africans, passive resistance, and the 1947 royal visitto South Africa. Historia [online]. 2019, vol.64, n.1, pp.91-110. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2019/v64n1a5.

Hierdie artikel gaan die reaksies na van die Suid-Afrikaanse Indiese gemeenskap op die Britse koningsgesin se besoek aan Suid-Afrika in 1947. Ná afloop van die Tweede Wêreldoorlog het die Afrika- en Indiese bevolkings van Suid-Afrika toenemend betrokke begin raak by militante of "radikale" politieke agendas. Die Natal Indian Congress (NIC) het so vroeg as September 1946 'n boikot van die koninklike besoek aangemoedig, op grond van hul destydse deelname aan 'n passiewe weerstandsveldtog gemik op die rassistiese en diskrimenerende wetgewing wat kort vantevore teen die Indiese gemeenskappe van Suid-Afrika aangeneem is. Die NIC het betoog dat, alhoewel hulle die koningsgesin eerbiedig, hulle nie hul besoek kon vier nie aangesien dit in teenstelling met die doel van hul veldtog sou wees. Desnieteenstaande, ten spyte van die NIC se voortdurende oproepe tot 'n boikot, het die Indiese gemeenskap in groot getalle opgeruk om die koningsgesin se besoek aan Durban in Maart 1947 te vier. Gevolglik plaas hierdie artikel die koninklike besoek in die middel van 'n bespreking oor die verdelings binne die Indiese gemeenskap wat gelei het tot die mislukking van Indiese weerstandbewegings in die laat 1940's en vroeë 19S0's. Ek betoog dat hierdie oomblik as voorbeeld dien van die onderskeie maniere waarop individuele Suid-Afrikaanse Indiërs sekere lae van hul identiteit geprioritiseer het, wat bepalend was in hul besluit om die politieke doelwitte van hul leierskap gedurende die hoogtepunt van 'n massaweerstandsveldtog te ondersteun of uit te daag.

Keywords : A.I. Kajee; Britse Ryk; Ghetto Act; Natal Indian Congress; Natalse Indiese Vereniging; passiewe weerstand; koninklike besoek.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License