SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número1The learning curve in the South African War: Soldiers' perspectivesThe Dorsland Treks to Angola (1974-1928) and the reasons behind them índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

AHNIE, Garth. The small matter of £3: Dynamite, human folly and the Braamfontein explosion, 19 February 1896. Historia [online]. 2019, vol.64, n.1, pp.23-41. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2019/v64n1a2.

Hierdie artikel bespreek die Braamfontein-ontploffing van 1896 en die reeks foute wat tot die ontploffing gelei het. Die ontploffing het op 19 Februarie 1896 plaasgevind toe verskeie waens gevul met dinamiet by die Johannesburgse stasie ontplof het weens 'n botsing met 'n trein. Dit was nadat hulle drie dae in the son gestaan het. Die krag van die ontploffing het 'n massiewe gat gelaat en elke huis en struktuur in die omgewing vernietig. Tussen 1 500 en 3 000 mense is haweloos gelaat en tussen 80 en 100 het hul lewens verloor, maar die presiese getal bly onbepaald, omdat hulle baie eenvoudig "verdwyn" het. Die sleutelvraag is hoe die optrede van diegene wat betrokke was by die vervoer, lewering en verkoop van die dinamiet tot die ontploffing gelei het. Die presies oorsaak van die ontploffing bly 'n raaisel omdat die Kommissie van Ondersoek tot geen gevolgtrekking kon kom nie. Die kommissie het bepaal dat die "feite en getuienisse aandui dat die ontploffing plaasgevind het deur die nalatigheid -gesamentlik of afsonderlik - van die betrokke partye Die artikel ontleed hierdie nalatigheid ten einde sodoende nuwe lig op die oorsake van die ontploffing werp, veral die dispuut oor £3 wat 'n domino-effek gehad het.

Palabras clave : Braamfontein; ontploffing; Nederlandsche-Zuid-Afrikaansche Spoorweg Maatschappij; Zuid-Afrikaansche Maatschappij van Ontplofbare Stoffen; konsessies; Edouard Lippert; Suid-Afrikaanse Republiek.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons