SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue1White farmers and African labourers in the pre-industrial Transvaal author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

WOODS, Fred E.. From South Africa to Salt Lake City: Eli Wiggill, the Latter-day Saints, and the world of religion, 1810-1883. Historia [online]. 2019, vol.64, n.1, pp.1-22. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2019/v64n1a1.

Hierdie artikel is 'n distillering van die outobiografie van Eli Wiggill wat in 1883 geskryf is. Hy is in 1820 in Gloucestershire, Engeland gebore and sy vader, Isaac Wiggill, en moeder, Elizabeth Grimes, was onder die eerste groep Briste setlaars wat in in 1820 saam met Eli in die Kaap geland het. Hierdie artikel gaan oor die wye verskeidenheid van Wiggill se ondervindinge in suidelike Afrika na tot sy vertrek na Salt Lake City in 1861. Op 'n aanskoulike manier beskryf Wiggill drie dekades waaronder etlike jare as 'n sending van die Weslyaans-Metodiste kerk in Betsjoeanaland, die einde van slawerny (1834), die Xhosa-oorloë, asook sy bekering na die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae (1858) en sy diens as kerkleier in Port Elizabeth. Wiggill se verhaal verskaf ook 'n oorsig van sy immigrasie na Utah (1861) asook sy ervaringe in Salt Lake City en Kaysville, Utah, gedurende die 1860s. Verder vertel hyvan sy terugkeer na Suid-Afrika as 'n sendeling "to see his friends" vanaf laat 1869 tot sy terugkeer in 1873. Wiggill verskaf 'n outentieke stem wat verdien om gehoor te word. Sy outobiografie verskaf 'n aanskoulike beskrywing van die vroegste Britse settlaars se lewe in die Kaap asook die begin van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae in suidelike Afrika, ná slegs twee dekades nadat die kerk ontstaan het in die noordelike dele van New York staat.

Keywords : Britse Ryk; Kaapkolonie; Heiliges van die Laaste Dae; sendinggeskiedenis; Mormone; Salt Lake City; Weslyaanse Kerk; Xhosa; 1820-setlaars.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License