SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue2The white concentration camps of the Anglo-Boer War: a debate without end author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

KLEYNHANS, Evert. The "apostles of terror": South Africa, the East African campaign, and the Battle of El Wak. Historia [online]. 2018, vol.63, n.2, pp.112-137. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2018/v63n2a6.

Kort na die aanvang van die Tweede Wêreldoorlog moes die Unieverdedigingsmag (UVM) vinnig transformeer vanaf 'n verouderde verdedigingsmag, na een wat offensiewe mag kon projekteer regoor Afrika. Die totstandkoming van die 1ste Suid-Afrikaanse Divisie (1ste SA Div) gedurende 1940, en die daarop volgende ontplooiing van Suid-Afrikaanse troepe na die front in Oos-Afrika, het aan die UVM die geleentheid gebied om sy militêre bekwaamheid onder operasionele omstandighede te toets teen die Italiaanse bedreiging in Ethiopië (toe Abessinië) en Somalië (toe Italiaanse Somaliland). Dit was reeds 21 jaar sedert die Unie van Suid-Afrika in 'n toestand van oorlog verkeer het, en dus is die UVM se eerste veldslag in Oos-Afrika 'n nuttige instrument om konsepte soos magstruktuur, militêre innovering en die operasionele ontplooiing van gevegsmagte mee te bestudeer. Die slag van El Wak was nie net die UVM se eerste veldslag in die Oos-Afrika veldtog nie, maar ook Suid-Afrika se eerste veldslag gedurende die WW2. Deur gebruik te maak van primêre argivale bronne, en aangevul deur sekondêre bronne, bevind die artikel dat die slag van El Wak 'n beduidende impak op die algehele Suid-Afrikaanse veldtog in Oos-Afrika gehad het.

Keywords : Tweede Wêreldoorlog; Oos-Afrika; Unieverdedigingsmag; 1ste Suid-Afrikaanse Divisie; George Brink; El Wak.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License