SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue1Life on the fringes: the role of the Unisa Short Course in School History Enrichment in empowering teachers author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

RABE, Lizette. Four South African "sunrises", four cartoons, four eras and the cyclical nature of history. Historia [online]. 2018, vol.63, n.1, pp.178-200. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2018/v63n1a9.

Geskiedenis as synde siklies van aard word sedert die antieke tye as teorie aanvaar. Volgens hierdie sikliese teorie van die geskiedenis vind gebeurtenisse in siklusse plaas - 'n geval van "die geskiedenis herhaal homself". Hierdie artikel ondersoek vier spotprente as so 'n illustrasie van die geskiedenis as 'n sikliese verskynsel, in een metafoor, wat gebruik is in vier politieke spotprente wat oor net meer as 'n eeu in Suid-Afrika gepubliseer is. Al vier spotprente toon die metafoor van 'n nuwe dagbreek of 'n "nuwe sonsopkoms", maar verteenwoordig vier verskillende politieke eras in die land se geskiedenis. As vertrekpunt word 'n bespreking van mediageskiedenis en mediahistoriografie aangebied. Spotprente en hul ontwikkeling as redaksionele kommentaar word bespreek, waarna 'n bespreking van die gebruik van metafoor in spotprente volg. Die vier spotprente, wat vier politieke eras verteenwoordig, word vervolgens aangebied, elk aangevul met 'n kort biografié van die spotprentkunstenaar as verdere konteks. Die spotprente verteenwoordig vier verskillende eras in Suid-Afrika, met die metafoor van 'n nuwe dagbreek as grafiese illustrasie van die sikliese aard van geskiedenis. Hierdie artikel hoop om nie allen by te dra tot Suid-Afrikaanse (media)geskiedenis nie, maar ook om spotprentstudie te stimuleer, spesifiek vanuit 'n mediahistoriografiese raamwerk.

Keywords : Afrika-nasionalisme; Afrikanernasionalisme; spotprente; kolonialisme; imperialisme; geskiedenis; mediageskiedenis; Suid-Afrika.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License