SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1South Africa's revised history curriculum on globalism and national narratives in grade 12 textbooks índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

NTWAPE, Lato Frank  e  KRIEL, Lize. Two books, two decades, two agendas: Cherryl Walker and Nomboniso Gasa's edited volumes on Women's History in South Africa. Historia [online]. 2018, vol.63, n.1, pp.150-177. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2018/v63n1a8.

Die vraag, wat sedert 1990 met vrouegeskiedenis gebeur het, het aanleiding gegee tot hierdie artikel. Teen daardie tyd, aldus die assessering van Bozzoli en Delius, het dit nog nie tot 'n "herkenbare afsonderlike veld van kundigheid in Suid-Afrika" ontwikkel nie. Die doel met hierdie ondersoek is om die maniere te verken waarop twee versamelings opstelle wat vanaf 1990 verskyn het, die taak om vrouegeskiedenis te skryf, sou interpreteer: Women and Gender in Southern Africa to 1945, saamgestel deur Cherryl Walker en gepubliseer in 1990 en Women in South African History, saamgestel deur Nomboniso Gasa en gepubliseer in 2007. Terwyl hierdie versamelings van opstelle hoegenaamd nie die enigstes met 'n fokus op vroue- en gendergeskiedenis was wat na 1990 geproduseer is nie, het weinig ander met hulle titels op dieselfde omvattendheid aanspraak gemaak. Hierdie studie poog om aan te dui hoe hierdie twee boeke gefunksioneer het in die proses om vrouegeskiedenis te interpreteer, en wat hulle bydrae was tot die daarstelling van die bestek en die vak van Suid-Afrikaanse vrouegeskiedenis - insluitend die status daarvan as 'n afsonderlike veld - al dan nie. Die agentskap (wilskrag / instrumentaliteit) benodig om die boeke te produseer en te bevorder, die benaderings gevolg in die twee versamelings en die manier waarop die een die ander beinvloed het, sal bestudeer word. Dit word gedoen deur die ontvangs van die twee boeke in wetenskaplike publikasies na te speur (met verwysing na boekresensies sowel as sitasies) en ook deur onderhoude gevoer met akademici wat in die veld onderlê is.

Palavras-chave : Vrouegeskiedenis; gendergeskiedenis; Suid-Afrikaanse historiografie; Cherryl Walker; Nomboniso Gasa; feminisme.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons