SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue1The fork in the road? British reactions to the election of an apartheid government in South Africa, May 1948South Africa's revised history curriculum on globalism and national narratives in grade 12 textbooks author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

HORN, Karen. "A sudden sickening sensation": South African prisoner-of-war experience on board the San Sebastian, December 1941. Historia [online]. 2018, vol.63, n.1, pp.112-129. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2018/v63n1a6.

Tydens die slag van Sidi Rezegh op 23 Desember 1941 is 'n groot aantal vrywilligers van die Unie-Verdedigingsmag gevange geneem deur magte van die Spilmoondhede. Tussen 2 000 en 2 500 van hierdie mans is na Italië vervoer op die San Sebastian, 'n Italiaanse vragskip, wat op 12 Desember 1941 deur the HMS Porpoise getorpedeer is. Na die aanval het die San Sebastian op die Griekse kus gestrand waar Italiaanse magte die krygsgevangnes ingewag het. Die artikel plaas die San Sebastian-insident in konteks deur die ervaring van die veldslag en gevangeneming asook die aanvanklike persepsies onder die krygsgevangenes oor hul Italiaanse gevangenemers, onder die loep te neem. Die optrede van die Italiaanse kaptein en baie bemanningslede het gelei tot 'n algemene gevoel van antagonisme teenoor die Italianers. Die torpedoaanval en die toenemende afsku teenoor hul gevangenemers het die wyse waarop die krygsgevangenes die oorblywende tyd in aanhouding benader het, grootliks beïnvloed, tog verhoed individuele reaksies onder krygsgevangnes 'n vereenvoudigde interpretasie van die gebeure. Deur staat te maak op persoonlike getuienisse van voormalige krygsgevangenes, memoirs en argivale bewysstukke, lewer die artikel 'n analise van die verskillende reaksies op die insident. Voorbeelde van konflik en samewerking tussen gevangenes en gevangenemers word beklemtoon, asook gevalle van selfbehoud, vergelding en hulp aan mede-krygsgevangenes.

Keywords : Krygsgevangenes; San Sebastian; Sidi Rezegh; Suid-Afrika; Unie-Verdedigingsmag; 5de Suid-Afrikaanse Infanteriebrigade; Tweede Wêreldoorlog.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License