SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1The Dorsland Treks to Angola (1974-1928) and the reasons behind themThe fork in the road? British reactions to the election of an apartheid government in South Africa, May 1948 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

STRYDOM, Bronwyn Louise. Experiments in bilingual higher education: An examination of the origins of Afrikaans as a second medium at the Transvaal University College, 1908-1930. Historia [online]. 2018, vol.63, n.1, pp.72-92. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2018/v63n1a4.

In 'n veeltalige samelewing met 'n ingewikkelde geskiedenis van identiteitspolitiek, is die taalbeleid in Suid-Afrikaanse hoër onderwys 'n onderwerp wat gereeld verskyn en wat sterk emosies ontlok. Weens die feit dat in die hoër onderwys omgewing enkelmediuminrigtings dominant is, is die geskiedenis van veeltalige onderwyspogings ietwat versuim. Hierdie artikel beskou hoe die rolle van verskillende tale by die Transvaalse Universiteitskollege, voorloper van die Universiteit van Pretoria, verhandel is. Dit sal nie net die amptelike lewe van die inrigting ondersoek nie, maar ook die manier waarop tale in die kollege se studentelewe gehanteer is. Die motiverings agter die invoer van Afrikaans as 'n tweede medium van onderrig sal ook beskou word. Hoe hierdie gebeurtenisse en omstandighede met ideës van breë Suid-Afrikanisme, aan die een kant, en 'n groeiende Afrikaner nasionalisme aan die ander kant, saamgehang het, sal beklemtoon word. Die kompleksiteite wat verband gehou het met die tweetalige beleid van die kollege, sowel as die verdediging van die beleid deur kollegeverteenwoordigers sal ook in aanmerking geneem word. Op hierdie manier sal die moeilikhede en motiverings agter die betreklike kort tydperk van amptelike tweetaligheid by die kollege ondersoek word.

Palabras clave : Transvaal Universiteitskollege; Universiteit van Pretoria; hoër onderwys; taalmedium; tweetaligheid; breë Suid-Afrikanisme; Afrikaans.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons