SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue1White farmers and African labourers in the pre-industrial TransvaalTrickster tropes: female storytelling and the re-imagination of social orders in four nineteenth-century southern African communities author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

BOJE, John. The doctors' dilemmas: Medical practice in the Free State during the south african war. Historia [online]. 2018, vol.63, n.1, pp.45-71. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2018/v63n1a3.

Teen die einde van die neëntiende eeu is die gedrag van oorlogvoerendes in bedwang gehou deur die Haagse Konvensie van 1899 en die Geneefse Konvensie van 1864. Die Haagse Konvensie het tussen vegtendes en nie-vegtendes onderskei, maar beide die Britse toepassing van 'n verskroeide aardebeleid en die Boere se teregstelling van swartes was skendings van dié konvensie. Die Geneefse Konvensie het gesentreer op mediese immuniteit, wat neutraliteit veronderstel. Die Britse owerhede was gekant teen die volutarisme wat grondliggend aan die Rooikruisbeweging was en al hul mediese personeel te velde was ondergeskik aan die militêre gesag. Imperiale patriotisme, die tekortkominge van die leër en die volgehoue aandrang op militêre noodsaaklikheid het optimale mediese sorg belemmer. Ook aan Boerekant was daar die morele kompleksiteit dat dokters nie net professionele praktisyns was nie maar ook sosiale betrokkenes met persoonlike verbintenisse. In hierdie artikel word die dilemmas in oënskou geneem waardeur dokters betrokke in die Suid-Afrikaanse Oorlog in die Vrystaat gekonfronteer is en word daar tot die gevolgtrekking gekom dat tendense waarneembaar in hierdie oorlog waardeur morele uitdagings die hoof gebied is in latere konflikte normatief geword het.

Keywords : Suid-Afrikaanse Oorlog; Vrystaat; militêre geneeskunde; Haagse Konvensie; Geneefse Konvensie; burgerlikes; neutraliteit.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License