SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1White farmers and African labourers in the pre-industrial Transvaal índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

CHRISTOPHER, A.J.. South African petitions to the House of Commons, 1833-1914: Grievances, protests, advice and information. Historia [online]. 2018, vol.63, n.1, pp.1-23. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2018/v63n1a1.

Petisionering sluit die reg in van die indiwidu om op direkte wyse die heerser of parlement te versoek om griewe aan te spreek en reg te stel, om op proteste ag te slaan, en om advies te ontvang en relevante inligting in ag te neem. Só word daar rondom die tussenpersoon of bemiddelaar gewerk. Alhoewel die meeste Suid-Afrikaanse petisies in die tydperk 1833-1914 aan die plaaslike owerhede geadresseer is, is sommige petisies wel direk na die House of Commons in Londen, effektief die toppunt van die imperiale regeringstelsel, gestuur. Die meeste petisies het te make gehad met persoonlike griewe teen die regering, terwyl ander petisies politieke aanbevelings gemaak het in die vorm van protes of advies, volledig met substantiewe inligting wat dit onderskraag het. Slegs drie politieke kwessies het tot 'n breër optrede, in die vorm van doelgerigte veldtogte, in die setlaar samelewing gelei. Dit was, onderskeidelik, die begin van verteenwoordigende regering in die Kaap van Goeie Hoop, teenstand teen die hervestiging van kriminele uit die Verenigde Koninkryk, en ondersteuning vir die handhawing van die gevestigde status van die Church of England. Petisies van Afrikane het sedert die 1880's protes aangeteken teen kwessies wat hulle negatief beïnvloed het, mees vernaamlik hul politieke uitsluiting uit die parlement. Die omvang van Suid-Afrikaanse petisionering was egter klein en marginaal tot die politieke diskoers in Londen.

Palabras clave : Suid-Afrika; Britse Ryk; petisies; parlement; konstitusionele verandering; kerkbestuur.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons