SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue2"Our fathers and grandfathers were born here…" Shangaan eviction experiences from the Gonarezhou National Park, 1957-1968Ecumenism and the global anti-apartheid struggle: The World Council of Churches' Special Fund in South Africa and Botswana, 1970-75 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

BENNEYWORTH, Garth Conan. Trojan horses: Liliesleaf, Rivonia (August 1962 -11 July 1963). Historia [online]. 2017, vol.62, n.2, pp.68-86. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2017/v62n2a4.

Daar word aanvaar dat die polisieklopjag op Liliesleaf op 11 Julie 1963 óf die gevolg was van die ineenstorting van informante binne die vryheidsbewegings weens detensie, óf dat hulle die plaas met sy skuilhuis en mense verraai het. Hierdie artikel gee toe dat daar wel informante was binne die vryheidsbewegings, maar identifiseer dat hulle maar slegs 'n fragment was van 'n kaleidoskoop van gebeure wat uitgeloop het op die klopjag en gevolglike Rivonia Verhoor. Dit was eerder 'n geheime ondersoek sedert 1962 wat gelei het tot die verpletterende slag deur die veiligheidsmagte op die ondergrondse netwerke teen die apartheidstaat. Hierdie ondersoek het grootliks staatgemaak op die mitologiese Griekse Trojaanse perd; mense en tegnologie is ingespan om die opponent van binne te ondermyn en omver te werp. Hierdie artikel indentifiseer drie Trojaanse perde. 'n Menslike spioen, vermom as 'n onskuldige kind, as werktuig van slinkse magte; elektroniese oorlogvoering deur die weermag wat gesetel was rondom 'n oënskynlike onskadelike woonwapark, en laastens, 'n afleweringswa van linne waarmee die doodslag toegedien is. Tog het al hierdie slenterslae versteek in die Trojaanse perd, die narratief vir 53 jaar ontduik.

Keywords : Liliesleaf; Rivonia; African National Congress; South African Communist Party; Umkhonto we Sizwe; veiligheidsafdeling; Republikeinse Intelligensie; Suid-Afrikaanse Weermag; South African Communications Security Agency.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License