SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

TAVUYANAGO, Baxter. "Our fathers and grandfathers were born here…" Shangaan eviction experiences from the Gonarezhou National Park, 1957-1968. Historia [online]. 2017, vol.62, n.2, pp.46-67. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2017/v62n2a3.

Toe Gonarezhou in 1934 ʼn wildreservaat verklaar is, was daar doelgerigte pogings om alle mense wat in die aangewysde area woonagtig was, te verwyder. Die proses het in die middel-1950's trekkrag begin kry en is eers in 1968 afgehandel. Hierdie studie ondervra die Shangaan se verskeie reaksies op hierdie verplasing uit die Gonarezhou Nasionale Park (GNP), ʼn gebied wat hulle tuis genoem het. Drie gevallestudies word ondersoek om aan te dui hoe reaksies verskil het. Die verwydering van mense word ondersoek in die breër diskoers van die geskiedenis van koloniale verowering, grondonteiening, en Afrika se weerstand teen koloniale projekte. Deur gebruik te maak van argivale bronne, mondelinge getuienis en sekondêre literatuur voer hierdie studie aan hoe die Shangaan van suidoos Zimbabwe sterk weerstand gebied het toe hulle verwyder is van die grond van hul voorvaders. Hierdie studie let verder op die feit dat die Shangaan se ervarings minimale aandag in die akademie geniet ondanks die talrykheid van literatuur oor die geskiedenis van Zimbabwe se nasionale parke. Dit is vir dié rede dat hierdie studie beoog om kennis oor die Shangaan se stryd vir beheer oor die Gonarezhou-gebied van 1957 tot 1968 daar te stel.

Keywords : Shangaan; Gonarezhou; saamleef; bewaring; ekologie; uitsetting; stroping.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License